Jerusalem

Met trompet geskal, fanfare!
Stap Hy die poorte in.
Die Christus kom om klaar te maak,
die werk wat Hy begin.

Die dooies sal dan opstaan,
en die lewendes sal juig
Van Kaapstad tot Jerusalem
Sal knieë voor hom buig.

Voorwaar, dis die Messias
Hy’s Die Waarheid, Weg en Lig
Bring al sy kinders eensklaps
Na die Heil’ge stad terug.

Die paaie is van goud gemaak,
die kore staan en sing:
“Hosanna in die hoogste,”
Soos hul ere aan Hom bring.

Die siekes word gesond gemaak,
die blindes sal weer sien.
Hul trane word selfs afgevee,
Deur Christus, hulle vriend.

Ek draai toe om en sien met eens
‘n Draak wat voor my staan.
Die draak het sewe koppe,
Op sy voorkop staan sy naam.

Die draak het uit die see verys
om mense te verlei.
‘n Spieëlbeeld van die Christus
Soos dit op die branders ry.

Die draak is sterk en magtig,
God het hom die krag gegee
Oor die mensdom van die wêreld
om hul tyd’lik te regeer.

Sien, God waarsku tog gedurig
dat ons wakkerder moet wees.
Want die Duiwel se verleiding
neem ons oor in woord en vlees.

Maar dan bied God tog vertroosting:
By die Christus sal ons woon.
Erken Hom as Messias
En buig slegs voor God se troon.

God sal jou dan kom wegraap,
om te keer dat jy ook ly –
Die dag wat God sy oordeel spreek
oor jou, net soos oor my.

Jacobus Swart
23 Jan 2017

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s